Amateur
Commercial
Wat is 'n potgooi?
'n Potgooi (of 'n podcast) is 'n radio program wat deur die internet af gelaai word. Dit word deur middel van MP3 leers versprei, en is gratis om na te luister! Daar is 'n persepsie dat jy 'n iPod nodig het om na potgooie te luister - dit is glad nie waar nie. Jy kan 'n potgooi aflaai deur jou internet blaaier, op jou rekenaar luister, of selfs op 'n CD brand! Daar is so baie maniere om na potgooie te luister.
Geen iPod nie?
Geen probleem nie! Kliek net op een van die potgooie hier bo se MP3 link, en begin te luister! Dis maklik genoeg, en as jy natuurlik 'n MP3 speler het, kan jy enige tyd 'n potgooi aflaai, en saam met jou neem in die kar, of in die gym!
Kontak
Indien jy enige probleme met die website ondervind, stuur gerus 'n email aan die adres hier onder.


E-mail: phil@massyn.net